Die stoorpark bestaan uit verskeie grootte eenhede wat insluit , Halwe motorhuis ,Driekwart motorhuis ,Enkel sowel as Dubbel motorhuis

Eenhede vir karavane ,en groter store van 8mx4m ,asook Vraghouers van 15vkm

No Storage Units Available // Geen Stoorkamers Tans beskikbaar

Navrae 24/7 by 082 671 0421 Pieter .

Volgende sekuriteits-maatreèls is in plek :
24 Uur kamera monitering ,

Elektriese sekuriteits heining 24 uur aktief  in geheel rondom terrein ,

24 Uur gewapende reaksie met monitering .

Toegang vir huurders daagliks van 07.00 tot 18.00 .

Alle toegangs hekke toegerus met selfoon beheerde elektriese motors .

Die park beskik oor eie swaardiens kragopwekking sisteem ,wat in geval van krag onderbrekings outomaties aankom .

Huurders het selfoon toegang tot die store .

Tussen 18.00nm en 07.00vm is daar infra beams aktief in die park ,en Toegangshekke is ge -deaktifeer,gedurende hierdie tye ,en is toegang slegs moontlik vir Gewapende reaksie en Eienaars van die Stoorpark.

Store geskik vir stoor van meubels ,voertuie ,bote ,karavane ,algemene huishoudelike inhoud .Huurders voorsien eie slotte .

Goedere met verhoogde veiligheids risiko nie toelaatbaar om gestoor te word nie ,soos brandhout ,gasbottels ,vlambare  vloeistowwe ens .

Minimum huurtermyn van store is 4 Kalender-maande ,met een kalender maand kennisgewing hierna vir ontruiming .

Geboue konstuksie ,siersteen afwerking met sinkdak en oproldeure ,met beton vloere.

Gewapende beton is ook aangebring dwarsdeur die park wat opritte toegangs-gange aan betref .